This event is over.

Carry His Name

Die jaarlikse Moreleta vrouekonferensie, Carry His Namegebeur tydens die naweek van 15-17 Maart 2013. Dis die een geleentheid wat elke vrou seker maak dis me-time en tyd vir die Here om in te bou in haar lewe. Dis ‘n geestelike investering wat geen vrou mag mis nie.

 

Die immergroen Hettie Brittz, vroulike Liesel Krause-Wiid, kragtige Helene Theron en die twee manne Pieter Badenhorst en Johan Smith is die sprekers tydens die geleentheid. Die musiek beloof om ‘n wonderlike God-ervaring te wees saam met Kristel en Almarie. Hoor solank met jou geestesore die duisende vroue wat lof aan God bring.

 

Voorwaar ‘n geleentheid wat geen vrou mag mis nie – bring jou dogter, jou ma, vriendinne, kennisse, kollega’s en jou skoonma! Kom hoor en leer om ‘n merwaardige vrou vir God te wees!

cleardot.gif